Worcester Primêre Skool het verlede Vrydag (18 Maart) ’n geldinsamelingsprojek by die skool gehou. Die skoolhoof, Wimpie Blom, is op sy verjaarsdag deur die OOV uitgedaag om ’n uur lank fiets te trap en sodoende vir die skool geld in te samel. Hy is per minuut geborg. Dié uitdaging het saam met die skool se koekverkoping plaasgevind. Bo trap die hoof fiets in sy geborgde klere met ’n paar leerders wat hom ondersteun.Foto: Phiwokuhle Mothemela


Skoolhoof trap-trap die bult uit

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article