Jade Soldaat, ’n leerder aan die Worcester NGK Oefen Primêr, skitter in vanjaar se atletiekbyeenkomste. Sy het derde plek in gewigstoot by die Worcester-kampioenskaps­byeenkoms behaal, sowel as ’n eerste plek by die Noord-Boland- kampioenskap, waar sy die Noord-Boland-rekord verbeter het. Sy het na die Worcester- sone B-byeenkoms deurgedring, waar sy ’n derde plek behaal het. Sy het ook die skool en streek by die Boland-byeenkoms verteenwoordig wat in die Paarl plaasgevind het.

Credit: SYSTEM

Skitter in die ring

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article