Die Suid-Afrikaanse bloeddiens (SANBS) doen ’n beroep op Suid-Afrikaners om dringend bloed te skenk aangesien voorraadvlakke erg laag is.

SANBS sê ’n tekort aan veral die O-bloedgroep heers en hy het slegs voorraad vir vyf dae.

Inwoners van Worcester, Rawsonville en De Doorns kan Napierstraat 26, Worcester besoek, waar die Wes-Kaapse Bloeddiens se kantoor geleë is.

Ceres en Villiersdorp het nie ’n vaste kantoor nie, maar inwoners van Ceres kan op 1 Junie van 15:30 tot 19:00 die stadsaal in Voortrekkerstraat besoek, en Villiersdorp-inwoners kan in die Banquet-saal in Malherbestraat van 16:00 tot 19:30 gaan bloed skenk.

Vir meer inligting oor die Suid-Afrikaanse bloeddiens kan hul webwerf by www.sanbs.org.za besoek word.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article