Ter viering van Nelson Mandela-dag op 18 Julie wil Innovation for the Blind se inwoners hul houtlepels afstof en in Julie heerlike groentesop maak vir mense in die gemeenskap wat in nood verkeer.

“Ons is baie dankbaar vir die gemeenskap wat ons op verskeie maniere ondersteun en ons in staat stel om voort te gaan met die nodige ondersteuning en sorg van ons blinde, swaksiende, doofblinde en meervoudig gestremde inwoners.

“Ons wil daarom graag ons waardering toon vir al die seëninge wat ons daagliks ontvang deur diensbaarheid te betoon teenoor ander in nood,” sê Chaline van der Merwe, ’n maatskaplike werker by Innovation for the Blind.

Innovation for the Blind se personeel en inwoners wil graag weer hul sopmaakvaardighede aanwend, maar het die gemeenskap se hulp nodig.

“Sonder die hulp van toegewyde skenkers sal hierdie projek nie vir ons moontlik wees nie.”

Raak só betrokke:
. Skenk enige sopbestanddele – sopmengsel, wortels, uie, aartappels, soppoeier, sopbene ensovoorts, en lewer dit af by Ons Winkel, Kerkstraat 126.. Koop ’n virtuele geskenkbewys by Checkers of Pick n Pay, stuur dit aan IftB en ons doen die inkopies self. . Skenk geld via die webtuiste by www. innovationfortheblind.org

“Met ons inwoners se vaardigheid en die gemeenskap se skenkings kan ons saam ’n GROOT verskil maak. Saam kan ons elke dag ’n Mandela­dag maak!

“Baie dankie aan diegene wat reeds betrokke by die projek geraak het. Vir enige inligting kontak Ciske by 023 347 2745 of stuur ’n e-pos-navraag na reception@innovationfortheblind.org


Magda Louw, gewilde eenvrouvertoning, by Out of office-geselligheid

Innovation for the Blind in Worcester se gewilde Out of office-geselligheid word Woensdag 6 September gehou.

“Desiré Gardner kom vermaak ons met haar gewilde eenvrouvertoning Magda Louw. Met topgehalte vermaak en ’n heerlike driegangmaaltyd beloof die geleentheid om ’n baie genotvolle en gesellige oggend te wees.”

Kaartjies kos R340 per persoon en kan bespreek word by Ciske by 023 347 2745 of stuur ’n e-pos-navraag na reception@innovationfortheblind.org

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article