Sewe spanne van Breedevallei het verlede Saterdag in ’n spesiale Mandeladag-kompetisie kragte gemeet. “Dit was ’n opwindende dag en ons sien weer daarna uit in die nabye toekoms,” se Michael Esterhuizen, wyk 12 sê komiteelid en ACDP-verteenwoordiger. Pastoor Edward Joseph het die dag geopen met die woord en gebed en AO Yushri Wehr van die Worcester-polisie het die gemeenskap oor misdaadvoorkoming toegespreek. Hulle bedank die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit vir die borgskap wat deur Gailin Titus van Baby Steps Educare gereël is. Die spanne wat meegeding het, is De Doorns, Hidden Stars, Worcester seniors, Hartwig Lions, Sunflowers, Action Stars en Tiger Lillies. Van links is Edward Joseph, Gailin Titus, Lydia Matthys, AO Yushri Wehr en Michael EsterhuzenFoto:

Credit: SYSTEM

Sewe spanne spook dit uit

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article