Ses jongmanne van De Doorns het onlangs Durban toe gereis waar hulle aan die Blackball Pool-nasionale kampioenskap deelgeneem het.
Die seuns het uitsonderlik presteer en die gemeenskap van De Doorns is geweldig trots op wat hulle bereik het.
Die 11-jarige Jaden Willemse het skitterend vertoon en is as die Suid-Afrikaanse o.15-kampioen aangewys – ’n uitsonderlike prestasie vir dié jong man. Jaden kwalifiseer met hierdie prestasie om later vanjaar aan die wêreldkampioenskap in Engeland deel te neem.
Harde werk en toegewydheid het tot Jaden se sukses bygedra.
Groot dinge lê nog voor vir hierdie jong man voor.
Indien enige seun of meisie belangstel om ook aan die sport deel te neem, bel Hendrik Horsemend by 071 264 0055.





