Nadat verlede naweek se rugbywedstryde almal afgelas is wees die onweer wat reg oor die Boland uitgesak het, sal alle bepalende wedstryde dié naweek voortgesit word.
In ander Grootuitdaagwedstryde speel Blue Birds van Bonnievale Saterdag tuis in Bonnievale teen Ashton United terwyl Robertson Town tuisveldvoordeel sal geniet wanneer hy in die Van Zylstraatstadion in Robertson teen Villagers Montagu, of Sesduim, soos hy ook bekendstaan, te staan gaan kom.
Proteas van De Doorns speel tuis in De Doorns teen Swellendam terwyl Montagu Klub of Hou by die Blou, soos hy in die volksmond bekend staan, in die King Edward-stadion in Montagu teen die agterosse Bonnievale United te staan kom.
Rangers Robertson speel tuis teen Rawsonville.

