Die Waardemark-sentrum se ontwerp is in lyn met hoe hibriede sentrums in Europa en die VSA gebou word.


Die herontwikkeling van ’n unieke sentrum in Worcester, WaardeMark, is voltooi. Die okkupasiesertifikaat is goedgekeur en word tans uitgereik.

Die besonderse uitkyk van die ontwikkelaar, Snelkor Sewe (Pty) Ltd beteken dat daar ’n spesiale plek ontwikkel is vir mense wat die gerief van winkels op een plek wil hê, maar moeg is vir die kommersiële gevoel van groot, onpersoonlike sentrums.

Die direkteur van Snelkor Sewe, Nicholas van Eeden, het reeds 25 soortgelyke herontwikkelingsprojekte gedoen, met sommige van hulle so groot as 25 000 m² onderdak. Hy was ook medestigter en uitvoerende hoof van Inospace en is tans ook ’n direkteur van dié omvattende eiendomsmaatskappy.

’n Mens sou nie verwag om ’n direkteur met stofbelaaide klere op ‘n bouterrein in Worcester aan te tref nie, maar dit is waar hy bykans daagliks te vinde is.

Van Eeden en die projekbestuurder op die terrein, Henk Kruger, is albei welberese branderplankryers, met ‘n groot passie vir die sport. Dié twee goeie vriende se filosofiese en rustige geaardheid is kenmerkend van hul benadering tot besigheid – én die sentrum se ontwikkeling.

Vir Van Eeden is dié Worcester-projek ’n baie persoonlike een.

“Dit is belangrik dat besighede in hierdie area van Worcester floreer en dat die gemeenskap en die onmiddellike omgewing hier rondom kan verbeter. Hier kan ondernemings eiendom van hoë gehalte koop of huur vir ‘n fraksie van die koste as by ander sentrums,” sê Van Eeden. WaardeMark se missie is om klein ondernemings te ondersteun deur waarde, bekostigbaarheid, gemeenskap en eenvoud aan sy kliënte te bied.

Die terrein en spasie

Snelkor Sewe het die ou Pennypinchers-werf (nou Buco) – wat Steinhoff vir ‘n baie lang tyd besit het – teen ‘n baie goeie prys gekoop. Die ou gebou, wat aanvanklik hoofsaaklik vir nywerheidsdoeleindes gebou is, is gemoderniseer om aan huidige standaarde te voldoen.

Die resultaat is ’n dinamiese, multifunksionele gebou van hoë gehalte. Verder kan Snelkor Sewe deur die effektiewe ontwerp van die sentrum – vanuit ‘n praktiese en ‘n finansiële perspektief – nou verseker dat kliënte die absolute beste prys in Worcester vir kwaliteit-ruimte betaal.

Dit is belangrik dat besighede in hierdie area van Worcester floreer en dat die gemeenskap en die onmiddellike omgewing hier rondom kan verbeter. Hier kan ondernemings eiendom van hoë gehalte koop of huur vir ‘n fraksie van die koste as by ander sentrums

Die verhuurbare spasie beslaan altesaam sowat 7 500 m² onderdak, 230 private parkerings oor sowat 7 000 m² geplaveide spasie en ‘n 3000 m² private erf vir Buco.

Die reeks ruimtes wat tans beskikbaar is, wissel van spasie wat byvoorbeeld geskik is vir ‘n motordienssentrum tot spasie vir groot logistieke bedrywighede. Daar is ook spasies vir kleinhandelwinkels soos koffiewinkels en salonne, asook supermarkte.

Ruimtes wat nou gehuur kan word, is werkspasies van 60 m² teen R5 500 (uitgesluit BTW) per maand, kleinhandelwinkels van 80 m² teen R8 000 (uitgesluit BTW) per maand, een groot winkelspasie van 800 m² reg langs Econofoods teen R60 000 (uitgesluit BTW) per maand en laastens ‘n baie groot logistieke ruimte van 1 581 m² teen R87 000 (uitgesluit BTW) per maand.

Van die netwerk af

Die goeie huurpryse is egter nie al voordeel wat voornemende kliënte van die sentrum kan benut nie. Die sentrum produseer ongeveer 30% van sy huidige energiebehoeftes self en gaan in die komende maande nog kapasiteit by sy stelsel voeg. Dit beteken dat ondernemings wat hier huur, van die Eskom-netwerk af kan wees.

waardemark
WaardeMark beoog om binne die volgende jaar 80% van sy eie elektrisiteit op te wek.

“Econofoods het ‘n baie groot kragopwekker wat hulle aan die gang hou wanneer die krag af is. Weens die aard van hul kragverbruik is dit hul besigheid se behoefte om hierdie tipe stelsel te gebruik, maar die meeste klein besighede kan staatmaak op batterybanke.”

“Ons werk tans saam met Buco om hulle te voorsien van ’n oplossing om heeltemal van die netwerk af te wees, wat dan by hul huur bygewerk sal word. Die opsie om van die Eskom-netwerk af te wees, sal teen ’n beskostigbare bykomende koste beskikbaar wees vir alle nuwe kliënte van die sentrum. Ons het ‘n paar jaar gelede ‘n soortgeyke oplossing vir Yuppie Chef gebou en dit het baie goed gewerk.

“Kortom, as ‘n kliënt buite die netwerk wil wees, kan ons vir hulle teen ’n ingeslote huurbedrag ‘n stelsel bou wat aan die huidige sonkragstelsel gekoppel is, sodat hulle nie die kapitaaluitgawe vooraf hoef te dra nie. Ons hou dit ook baie eenvoudig deur voorafbetaalde meters te gebruik.”

Nicholas van Eeden
Nicholas van Eeden, direkteur van Snelkor Sewe, by ‘n slagspreuk op die muur naby die ingang van die sentrum. Hy is op soek na ’n plaaslike kunstenaar om kunswerke op die mure van die sentrum aan te bring.

Kliënte in ’n hibriede ruimte

“Ons by WaardeMark verkies die term kliënte in stede van huurders,” sê Van Eeden.

Benewens Buco, is huidige kliënte Voltex, Ramkappie, Wax On-motorwas en Moer Koffie-koffiewinkel.

“Ons is ook tans besig om met twee nasionale en een internasionale maatskappy te onderhandel om spasie hier te huur, maar wil nog nie verklap wie dit is voordat die kontrakte nie gesluit is nie.”

Alles in ag genome, is hierdie wat bekendstaan as ‘n hibriede eiendom wat ooreenstem met tendense in plekke soos Berlyn, Londen en die VSA. Ruimtes is multifunksioneel ¬- van groot spasies vir groot logistieke bedrywighede tot spasies vir byvoorbeeld ’n Boland-streekdepot vir aanlynondernemings soos Takealot, tot standaardspasies vir hardewarewinkels en kleinhandelaars.

Ondernemings soos Buco doen reeds 30 jaar goeie besigheid hier, en Econofoods bedryf ‘n aflewering-/groothandelbesigheid in die ruimte. Die spasie is dus baie dinamies. Voeg nou nuwe tegnologie by soos ‘n sonkragstelsel en die eiendom word in lyn gebring met die huidige behoeftes van ‘n moderne kleinhandelmark.

“Ek dink in die toekoms sal winkelsentrums wat slegs voorsiening maak vir die ou-skool, tradisionele kleinhandel-ervaring deur sentrums soos hierdie hibriede een vervang word. Die ontwerp van sommige ouer sentrums verleen hulle ongelukkig net nie daartoe om omgeskakel te word om in lyn te wees met vandag se behoeftes nie.”

Inkopies

Vir klante se gerief is daar 230 parkeerplekke met 24/7-sekuriteit, wat beteken dit is een van die maklikste plekke in Worcester om stil te hou en net uit te klim en inkopies te doen. Die sekuriteit by die senturm word behartig deur LTS-sekuriteit.

Met ’n natuurlike en oop landskapontwerp – wat die aanplant van Natalse mahoniebome, aalwyne en wit bougainvilleas insluit – is inkopies hier ‘n asemskep-ervaring.

Ek sou sê ons is logisties ‘n uiters maklike plek om by uit te kom, maar ons is steeds op ‘n uiters besige pad geleë. Ons het soveel plek en parkering in ‘n veilige omgewing.

Die sentrum is om die hoek van HTS Drostdy, teenaan die ingang van Worcester vanaf Rawsonville en Villiersdorp.

“Ek sou sê ons is logisties ‘n uiters maklike plek om by uit te kom, maar ons is steeds op ‘n uiters besige pad geleë. Ons het soveel plek en parkering in ‘n veilige omgewing. Kortom, ek dink ons bring baie waarde vir kliënte en klante. Dit is vir ons ’n voorreg,” sê Van Eeden.

‘n Toekomsvisie

Van Eeden se visie vir die sentrum is dat dit binne die volgende jaar sowat 80% van hul eie krag sal produseer – en dat al die spasie verhuur is.

“Dit moet ‘n eenstop-inkopie-ervaring wees, waar ondernemings in die sentrum baie goeie pryse aan hul klante kan bied, daarom WaardeMark. Dit vind egter steeds in ’n ruimte van hoëkwaliteit-spasies en gerief plaas.

“Verder sou ek graag wou sien dat gevestigde besighede in Worcester by ons aansluit teen goedkoper tariewe, waar hulle meer waarde vir hul huurgeld kry, en dus meer winste vir hul besigheid en gesinne laat.

“Persoonlik is ek ook op soek na ‘n plaaslike kunstenaar wat gretig sal wees om ‘n paar treffende stukke op ons mure te doen.”

Waardemark
Bedankings

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article