Die plaaslike E.P. @ IR Malan-stigting bied Saterdag (26 November) ’n belangrike seminaar vir militêre veterane en belanghebbendes op Kerkplein in Worcester aan. Die program begin reeds om 07:00 en die drag is wit hemde en swart broeke.
Die seminaar sal aangebied word met die fokus op militêre veterane en hul afhanklikes. Dit sluit in mense wat diensplig gedoen het, almal wat in enige militêre opset gewerk het, ouers wat hul kinders tydens diensplig verloor het, Eerste- en Tweede Wêreldoorlog-veterane se naasbestaandes, kinders van veterane wat dalk verder wil studeer, skoolhoofde en onderwysers asook mense wat in die kommando gedien het.
EP Malan van die stigting, wat vir die seminaar verantwoordelik is, sê hulle wil hulle hierdie sessies gebruik om mense van broodnodige inligting te voorsien.
Verskeie geestelike leiers, oud-veterane, lede van verskeie staatsdepartemente en kundiges sal die dag se program vul. Die kanon sal ook afgevuur word en die Worcester-vliegklub sal oor die terrein vlieg met ’n erewag vir oud-veterane. Besoek gerus Standard se Facebookblad vir die volledige skedule en program van die dag.. Veterane of hul naasbestaandes kan Malan by 078 705 4222 vir verdere inligting kontak.




