Werknemers van Sasko in Worcester het Dinsdag (18 Julie) op Mandeladag hul moue opgerol en ’n bietjie hande vuil gemaak toe hulle onder meer die tuin van die Julie Naudé-kleuterskool in Le Sueurstraat verfraai en nuwe plante geplant het. Die klein bloedjies by die kleuterskool is ook verras met ’n splinternuwe sandput wat deur Sasko vir hulle aangelê is. Die klippe wat om die tuin gelê is, is boonop geverf ook. Koeldrank en toebroodjies is later aan die jong kinders uitgedeel. Volgens Quinten Fortuin van Sasko het die maatskappy die Julie Naudé-kleuterskool sowat twee jaar gelede aangeneem omdat hulle by die instelling betrokke wil wees. Die hoof van die Julie Naudé-kleuterskool, Michelle Jonkers, sê dit beteken baie vir hulle dat Sasko die moeite gedoen het om die kleuterskool meer kindervriendelik te maak. Sy sê die kleuterskool bedank Sasko vir wat hulle daar kom doen het omdat die skool nie die geld het om onder meer die tuin op te knap nie.Foto: Enrico Claassen


Sasko reik uit na kleuterskool

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article