Die Nedbank kommersiële bankdienste-tak in Worcester het Dinsdag (20 Junie) ’n skenking aan Sandy’s Eden, ’n dierewelsynorganisasie in Worcester, oorhandig, wat sal gaan na die diere by dié dierewelsynorganisaise, sowel as die diere wat geraak is deur die oorstroming in De Nova, in Rawsonville. Die skenking sluit in hondekos, komberse, lekkernye en speelgoed, sowel as katsand en ’n geskenkbewys van Hill’s SA. Nedbank daag ander besighede uit omdieselfde te doen, en bedank al die donateurs wat die produkte geskenk het. Agter staan Stiaan van den Berg (Nedbank). Links middel staan Rache Groenewald (Nedbank), en Lana Bancroft (Nedbank). Voor hurk Therésa Bosman (Nedbank) en Juenieta Everson (Sandy’s Eden). Foto: Jana Scheepers

Credit: SYSTEM

Sandy’s Eden ontvang skenking

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article