Die medebeskuldigde van die onderwyser wat daarvan aangekla is dat hy kinderpornografie vervaardig het, se saak is ook van die hofrol geskrap.

Albei mans het op 18 Maart in die hof vir pleitonderhandelings verskyn. Die staat het hom egter aan pleitonderhandelings met die verdediging onttrek. Die hof wou ook nie verdere uitstel gee nie.

Kennis is deur die staat aan die verdediging gegee dat die staat hom aan pleitonderhandelings onttrek en het die hof versoek om ’n verhoor­datum te bepaal. Die verdediging het egter beswaar teen die staat se versoek om ’n verhoordatum aangeteken.

Die hof het die verdediging gelyk gegee en die staat se versoek om uitstel van die verhoor van die hand gewys. Die hof het die saak daarna van die rol geskrap.

Die moontlikheid dat die saak weer op die rol geplaas kan word, is nie uitgesluit nie. Die hof het gelas dat alvorens die saak weer op die hofrol geplaas kan word, die staat skrifte­lik moet aandui dat die getuies en klaers in al die klagte nog beskikbaar is en gereed is om voort te gaan.. Standard het vroeër berig luidens hofdokumente het die beskuldigdes tussen 2018 en 23 Augustus 2019 by of naby ’n hoërskool in Roodewal onregmatig en opsetlik video’s vervaardig sonder die kennis van die minderjariges.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article