Jong skrywers het nog kans om in te skryf vir die 2022- SA Wynskrywer van die Jaar-kompetisie.
Dié kompetisie van die Suid-Afrikaanse Nasionale Wynskouvereniging (SANWSA) – wat ook onder meer die Veritas-toekennings bedryf – is in sy tiende jaar en het ten doel om slim en belowende nuwe stemme in die voortdurend veranderende wynbedryf te identifiseer.
Vanjaar se kompetisie bestaan ??uit twee kategorieë: een vir wynverwante artikels en een vir blogs.
Die onderskeie wenners sal elk prysgeld van R2 500 ontvang, terwyl die algehele wenner ’n allemintige R15 000 in die sak sal steek.
Deelnemers moet een of albei van die volgende opdragte voltooi:. Tydskrif gedrukte artikel – 1 000 woorde in Engels of Afrikaans;. Blog Web-artikel – ’n 600 blog van 600 woorde in Engels of Afrikaans.
Die onderwerpe sluit in: die evolusie van wynkommunikasie, die toekoms van e-handel in die wynbedryf, ’n ondersoek na die belangrikheid van wynkompetisies, boerdery vir die toekoms, asook organiese wyn – ’n vriend of gier?
Die kompetisie is oop vir alle Suid-Afrikaanse burgers of inwoners van die land van 18 tot 35 jaar.
Geen voltydse of gevestigde wynskrywers of vorige wynskrywerwenners kwalifiseer om in te skryf nie.
Die inskrywings sal deur ‘n paneel ervare en vooraanstaande Suid-Afrikaanse wynskrywers beoordeel word.
Die sluitingsdatum vir inskrywings in alle kategorieë is 18 November.. Vir meer inligting, verdere navrae of die nodige inskrywingsvorms, kontak die SANWSA/Veritas-kantoor by 021 8631599, e-pos info@veritas.co.za of besoek www.veritas.co.za.




