Die eienaar van die motor waarop ’n massiewe boomtak geval het, voel verlig dat niemand in die voorval beseer is nie. Worcester het Maandag heeldag erge rukwinde ervaar. Dit is moontlik die rede waarom die boom in Russelstraat naby Shoprite omgewaai het. Die motor se eienaar, Reagan Titus, se vrou en hul kind het etlike minute voor die boom op die motor beland het uit die voertuig geklim. “Ek is net bly niemand het seergekry nie. Die motor kan altyd weer reggemaak word. Die voorruit is stukkend en die dak het ook skade opgedoen en daar is ook ’n paar ander duike in die motor,” het Titus die week aan Standard gesê. Foto: Ismail Towing

Credit: SYSTEM

Rukwind waai massiewe boom op motor

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article