In die Langeberg-afdeling van die Boland-uitdaagreeks gee Robertson Town steeds die toon aan nadat hy die afgelope Saterdag (21 Mei) die Proteas De Doorns met 54-17 afgeransel het.
Saterdag 27 Mei geniet die span egter ’n loslootjie.
In ander wedstryde in die liga speel Swellendam Saterdag tuis teen Montagu terwyl Young Hamiltons van Worcester besoek van Robertson Rangers ontvang.
Ashton United geniet Saterdag tuisveld-voordeel in sy kragmeting teen die Bonnievale Blue Birds terwyl Montagu Villagers in die King Edward-stadion in Montagu besoek ontvang van Proteas De Doorns.
Op Bolandpark speel Villagers Worcester gasheer vir sy kragmeting teen sy bure Worcester Perseverance.
In die Streekuitdaag-kompetisie (Langeberg-afdeling), speel McGregor tuis teen die Blue Swallows van Montagu, terwyl Rooiberg United (van Rooiberg) tuis teen die Young Turbo’s van Keisie buite Montagu speel.
Die Suurbraak-rugbyklub ontvang besoek van Young Good Hopes van Ashton terwyl Bonnievale United op sy tuisveld kragte meet teen die Buffalows.
De Hoop Rangers, ’n landelike span van De Hoop, speel tuis teen die United Stars- rugbyklub van die KOO-handelsmerk.
In die Breërivier-afdeling van die streekuitdaag-kompetisie speel Touwpark (van Touwsrivier) tuis teen Rawsonville United.
De Doorns United ontvang Saterdag besoek van Villagers Breërivier terwyl Mountain Stars (De Doorns) tuisveld-voordeel in sy kragmeting teen Overhex geniet.
Klipdrift van Rawsonville ontvang hierdie naweek besoek van die Orchard-rugbyklub (Hexriviervallei), terwyl dit derbytyd is in Worcester wanneer Primrose Saterdag teen sy bure Alberts te staan kom.

