Saterdag (13 Mei) wag lekker rugby weer op fynproewers in die streek.

In die Grootuitdaagkompetisie van die Breërivier-afdeling speel De Doorns United tuis in De Doorns teen Touwpark van Touwsrivier.Mountain Stars (ook van De Doorns) ontvang besoek van Orchard van die Hexriviervallei, terwyl Klipdrift van Rawsonville besoek ontvang van Villagers Breërivier.

Primrose speel tuis teen Overhex terwyl Alberts en Rawsonville United Saterdag albei ’n loslootjie geniet.

In die Langebergstreek van die Grootuitdaagkompetisie speel die Young Hamiltons-rugbyspan van Worcester tuis in Esselenparkstadion teen Swellendam.

Ashton United van Ashton speel tuis teen die Montagu-rugbyklub terwyl Worcester Villagers op sy tuisveld, Bolandpark, teen Robertson Rangers te staan kom.

Montagu Villagers speel tuis in die King Edward-stadion in Montagu teen die Bonnievale Blue Birds en Robertson Town in die Van Zylstraat-stadion in Robertson teen Worcester Perseverance.

Die Proteas-rugbyklub van De Doorns geniet Saterdag ’n ruskans.

Verder speel die Blue Swallows van Montagu tuis teen Rooiberg, ’n plaasspan buite Robertson.

Suurbraak (in Suurbraak) ontvang besoek van McGregor terwyl Bonnievale United tuisveld-voordeel teen United Stars van die KOO-handelsmerk geniet.

De Hoop Rangers van die De Hoop-plaasgebied speel tuis teen Young Good Hopes van Ashton, terwyl Young Turbo’s van Keisie buite Montagu besoek ontvang van Buffalows.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article