Liga-verpligtinge vir die 2023-seisoen staan nou einde se kant toe en dit is veral die pasaangeërs in die onderskeie ligas wat verbete aan hul posisies klou om nog enige aanspraak vir uitspele lewend te hou.
In die Grootuitdaag-kompetisie kry Montagu-klub besoek van Swellendam terwyl Rangers Robertson besoek ontvang van die naasvoorloper, Young Hamiltons.
Bonnievale Blue Birds ontvang besoek van Ashton United terwyl Proteas van De Doorns besoek ontvang van Montagu Villagers. In Worcester is dit derbytyd wanneer Worcester Perseverance in Esselenpark-stadion besoek ontvang van sy bure Worcester Villagers. Die voorlopers, Robertson, geniet Saterdag ’n welkome ruskans.
In die Streekuitdaag-kompetisie woed ook ’n paar interessante stryde met veral die voorlopers wat verbete vasklou aan hul posisies. In die Langeberg-seksie speel Blue Swallows tuis teen McGregor terwyl Young Turbo’s besoek ontvang van Rooiberg United. Young Good Hopes van Ashton ontvang besoek van Suurbraak terwyl Buffalows besoek ontvang van die voorloper, Bonnievale United.
United Stras geniet tuisveld-voordeel in hul kragmeting teen Rangers de Hoop.
In die Breërivier-afdeling speel die twee voorlopers Rawsonville United en Touwpark teen mekaar in Rawsonville terwyl Villagers Breërivier besoek ontvang van De Doorns United. Overhex kry besoek van Mountain Stars terwyl Orchard besoek ontvang van Klipdrift United. In Worcester is dit Saterdag derbytyd wanneer Primroses en Alberts mekaar die stryd gaan aans?.
In die Gemeenskapskild-kompetisie speel Young Lions tuis teen Goudini terwyl Evergreens van Nuy besoek ontvang van Green Leaves van De Wet. Blue Birds kry besoek van Laingsburg terwyl Sandhills besoek ontvang van Proteas van Worcester. Thistles van Aan de Doorns kry Saterdag ’n blaaskans.


