Ná al die opwinding van die afgelope naweek met derbies in Breedevallei en Langeberg, gaan ligaverpligtinge in die onderskeie streke van die Boland- rugbyunie hierdie naweek voort.

In die Langeberg-afdeling van die unie speel Montagu Villagers (6 Duim), teen Robertson Rangers in die King Edward-stadion in Montagu terwyl Ashton United besoek ontvang van Swellendam. Proteas van De Doorns tree as gasheer op vir hul kragmeting teen Worcester Perseverance, terwyl voorlopers in die liga, Robertson Town, besoek ontvang van die verrassingspakket van die liga, Bonnievale Blue Birds.

Villagers Worcester of Villa soos hulle bekend staan, speel tuis op Bolandpark teen Montagu Klub of Hou by die Blou, soos hulle bekend staan.

In die Langeberg-afdeling van die Streek-uitdaagkompetisie speel Rangers vir De Hoop tuis teen McGregor terwyl Bonnievale United besoek ontvang van Blue Swallows.

Suurbraak en Rooiberg kom teen mekaar te staan terwyl Buffalows besoek ontvang van Young Good Hopes van Ashton. Young Turbo’s en United Stars speel Saterdag teen mekaar.

In die Breërivier-afdeling van dieselfde kompetisie speel Klipdrift tuis teen Touwpark terwyl Mountain Stars besoek ontvang van Rawsonville United.

De Doorns United speel op sy tuisveld teen Alberts terwyl Primroses besoek ontvang van Orchard.

Overhex tree as gashere op vir hul kragmeting teen Villagers Breërivier.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article