Dr. Jacques West, ’n mediese praktisyn in Tulbagh, het onlangs rugbybroeke en sokkies vir Steinthal-vaardigheidskool geborg met die oog op die jaarlikse derby wat tussen die Steinthal-vaardigheidskool en die Riebeeck-vaardigheidskool gespeel word. By die oorhandiging is Jacky West, Cheswin Lintnaar, Luhan du Toit, Riano Roy Vleis en Kennith Julius (afrigter). Julius doen alles in sy vermoë om die span slaggereed te kry vir die derby wat later vanjaar plaasvind. Foto: Verskaf


Rugbyklere vir leerders geborg

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article