Foto ter illustrasie.Foto: Pexels


Met die onderskeie ligas onder die vaandel van die Boland rugbyunie wat nou vinnig einde se kant toe staan, is dit veral die spanne aan die bokant van die ligas wat nou verbete veg om hul posisies te behou en sodoende te verseker dat hulle in die uitklop-fases gaan speel.

In die Langebergstreek se grootuitdaag-kompetisie van die komende naweek, speel agterosse Swellendam tuis op die Powellstadion in Swellendam teen Rangers Robertson terwyl Worcester Villagers besoek ontvang van Proteas van De Doorns. Ashton United tree as gashere op vir hul kragmeting teen Worcester Perseverance terwyl naasvoorloper Young Hamiltons op die Esselenparkstadion besoek ontvang van nog ’n aanspraakmaker, Bonnievale Blue Birds. Montagu-klub geniet Saterdag ’n loslooitjie.

In die streek uitdaag-kompetisie (Langeberg-afdeling), speel voorlopers Bonnievale United Saterdag tuis teen nog ’n aanspraakmaker op promosie McGregor terwyl Suurbraak besoek ontvang van Blue Swallows.

United Stars speel tuis teen Buffalow’s terwyl Rooiberg United besoek ontvang van Young Good Hopes van Ashton. Rangers de Hoop is Saterdag gashere vir hul kragmeting teen Young Turbo’s.

In die Breërivier-afdeling van dieselfde liga, speel De Doorns United tuis teen Rawsonville United terwyl Villagers Breërivier besoek ontvang van Alberts van Worcester. Orchard ontvang besoek van Overhex terwyl Klipdrift besoek ontvang van Primroses. Mountain Stars en Touwpark geniet albei Saterdag loslooitjies.

In die gemeenskapskild-kompetisie (Breërivier-afdeling), speel Goudini Saterdag tuis teen Evergreens van Nuy terwyl Proteas van Worcester besoek ontvang van Thistles van Aan de Doorns. Lemoenpoort ontvang besoek van Sandhills terwyl Laingsburg besoek ontvang van Young Stars, en Green Leaves van De Wet sal teen Blue Birds speel terwyl Young Lions ’n blaaskans geniet.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article