Alternatiewe en konstruktiewe ontspanning gedurende skoolvakansies bly ’n kopseer vir ouers wat werk, met kinders wat soms by verkeerde dinge betrokke kan raak. Die junior stadsraad se gewilde vakansierugbyprogram is vir die eerste keer ná die pandemie weer hervat, onder leiding van die direkteur, Charles Beukes. Altesaam 60 seuns tussen 10 en 14 jaar oud het opgedaag vir verlede week se program op die Esselenpark-stadion. Die sukses is te danke aan die ondersteuning van plaaslike afrigters, Young Hamiltons wat toerusting voorsien het en donasies vir etes van Shoprite, Sasko, Worcester Fruiterers asook die Kriegler-familie. Foto:


Rugby tydens skoolvakansie

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article