’n Sakeonderneming in De Doorns is Vrydag (28 April) van R25 000 beroof.
Volgens die De Doorns-polisie is niemand in die rooftog beseer nie.
“Die klaer was besig om klante in die winkel te help toe hy skielik hoor iemand skree hulle moet op die grond lê. Die klaer is toe deur die rowers aangesê om die kasregister oop te maak. Die rowers het die geld uitgehaal en van die toneel af gevlug,” het ’n woordvoerder van die De Doorns-polisie gesê.
Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. – Tamsyn Jantjies.



