Worcester se Rotariërs, in samewerking met FNB-vrywilligers, het Dinsdag (26 November) hand bygesit by Wysersdrift Primêr om die groot behoefte te vul van ’n afdak om die klein leerders teen die son, wind en reën te beskerm wanneer dit pousetyd is. Hierdie afdak is ook opgerig ter ere aan die jare lange getroue en geliefde Worcester Rotariër-lid Pierre Theron, wat verlede jaar oorlede is.


Rotariërs skenk ’n afdak

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article