Roodewal Primêre Skool in Worcester het Saterdag (2 Desember) deelgeneem aan die Wes-Kaapse drilkadet-kompetisie in Goodwood waar hulle wegmarsjeer het met sewe pryse. In die B-seksie was hulle in die eerste plek met hul grand march, in die tweede plek as die besgeklede kadette en in die derde plek vir hul drilvertoning. In die C-seksie het Roodewal Primêre Skool ook eerste plek gewen met hul grand march, tweede plek vir hul trom-majeur, tweede plek as die besgeklede kadette en tweede plek vir die beste drilvertoning.


Roodewal marsjeer vooruit

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article