Nexus FC het Sondag (2 Junie) vir twee wedstryde na Bonnievale gereis.
Nexus het sy eerste wedstryd teen Bonnievale Black Birds gespeel met ’n gelykoptelling van 1-1 danksy ’n doel deur Hloma Mhambi. In die tweede wedstryd het Nexus teen Bonnievale FC gespeel en 2-1 gewen. Ashwin Toolie en Lifa Manka het die doele aangeteken.
Nexus FC hou Saterdag ’n Top-8-sokkertoernooi om geld in te samel vir die spelers se verblyf in en vervoerkoste na Ceres, waar die Safa-LFA-uitspeelwedstryde sal plaasvind. Die wedstryde vind op 15 en 16 Junie plaas.
. Kontak Darryll, die stigter van die klub, by 062 020 6887. Enige skenkings sal opreg waardeer word.





