Die Robertson-krieketklub gee tans die pas aan in die Boland- Krieket-promosieliga en is eerste op die punteleer.

Die afgelope naweek was dit die Worcesterse Victorians se beurt om teen Robertson les op te sê.Robertson A-span

Die Robertson-krieketklub het eerste gekolf en 224 lopies aangeteken. Worcester Victorians is daarna almal vir 63 lopies uitgeboul.

Robertson se grootste puntemakers was Warwick Abrahim (66 lopies), Warren Davids (61 lopies) en Roland Evertson (25 lopies).

Die Robertson-krieketklub se beste boulers was Brendan Erasmus (9 boulbeurte, 31 lopies en 5 paaltjies), Randall Fielies (3 boulbeurte, 4 lopies en 2 paaltjies).

W. Nimrod, met 17 lopies, was Worcester se beste kolwer. Nimrod was ook Worcester se beste bouler.Robertson B-span

Die Robertson-krieketklub se B-span het eerste gekolf en 256 lopies aangeteken. Worcester Victorians het hard teruggeveg, maar met 16 lopies verloor.

Robertson se puntemakers was Justin Geduldt (117 lopies nie uit nie) en Lendll Padiachy met 28 lopies.

Worcester Victorians se beste kolwer was W. Pieterse (92 lopies).

Die Robertson-krieketklub speel hierdie naweek teen die Darling-krieketklub in Darling.

Robertson se B-span speel in ’n tuiswedstryd in Robertson.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article