Christiaan Jonker was een van Robertson-A se topkolwers in hul oorwinning teen Darling.Foto: Verskaf

Credit: SYSTEM

Die Robertson-krieketklub is met slegs drie wedstryde oor steeds onoorwonne en bly in die eerste plek op die punteleer in Boland-krieket se Promosieliga.

Beide hul A- en B-spanne het die naweek wat verby is, teen die Darling-krieketklub gespeel en albei spanne het koning gekraai.

Die tellings was:

Robertson A-span:

Robertson het eerste gekolf en 254 lopies aangeteken. Darling is vir ’n skamele 142 lopies uitgeboul.Robertson se puntemakers was Christo Lukas (67), Christiaan Jonker (68) en Warwick Abrahim (38) en sy beste boulers Luwaydon Siegelaar (10-26-2) en Christo Lukas (10-25-3).

Robertson B-span:

Robertson het eerste gekolf en 276 lopies aangeteken, wat Darling met net 234 lopies kon beantwoord.

Robertson se beste kolwers was Elrico Flando (120) en William Nell (47) en J. van der Westhuizen (42). . Robertson-B speel Saterdag (17 Februarie) teen Malmesbury-krieketklub in die Callie de Wet-stadion en die A-span sal hiervoor na Malmesbury reis.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article