Die Robertson-krieketklub gee tans die pas aan in die Bolandkrieket-promosieliga en is eerste op die punteleer.

Die afgelope naweek het hul A- en B-spanne teen Darling KK gespeel en al twee spanne het hul wedstryde gewen.

Die tellings is soos volg:

Robertson se A-span

Robertson het eerste gekolf, 230 lopies aangeteken en Darling vir 139 lopies uitgeboul.

Robertson se top-puntemakers is Warwick Abrahim (76), Amre Konstabel (37) en Luwaydon Siegelaar (34).

Robertson se beste boulers was:

Luwaydon Siegelaar – 9 boulbeurte, 18 lopies en 2 paaltjies.

Christo Lukas – 10 boulbeurte, 31 lopies en 2 paaltjies.

Jupeter Hopp – 10 boulbeurte, 35 lopies en 2 paaltjies.

D. Stringer was die beste bouler – 10 boulbeurte, 42 lopies en 3 paaltjies.

S. Adams met 32 lopies is Darling-krieketklub se beste kolwer.

Robertson se B-span

Robertson se B-span het eerste gekolf en teen 333 aangeteken; Darling het slegs 27 lopies gehaal.

Robertson se puntemakers was Justin Geduldt met 64 lopies, Jumain Buys met 58 lopies en J. Adams met 38 lopies.

Darling-krieketklub se beste kolwer was L. Carolus met 13 lopies.. Die Robertson-krieketklub se A-span speel eerskomende naweek teen die Malmesbury-krieketklub op Callie de Wet en die B-span in Malmesbury.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article