Robertson Krieketklub (RKK) speel in die Boland-krieket-promosieliga. Die span is nou eerste op die punteleer.

Die afgelope naweek het die klub se A- en B-spanne teen Young People’s van Paarl gespeel en beide RKK-spanne het goeie oorwinnings behaal.

RKK se A-span het eerste gekolf en 313 lopies in die wedstryd van 50 boulbeurte per span geslaan en daarna Young People’s se A-span vir 219 lopies uitgeboul. Vir Robertson het Gregan Adams 135 lopies, Christiaan Jonker 91 lopies en Brendan Erasmus 22 lopies geslaan. Die beste boulers was Jupeter Hopp (10 boulbeurte, 45 lopies, 8 paaltjies) en Brendan Erasmus (10 boulbeurte, 37 lopies, 1 paaltjie).

Young People’s se beste kolwers was B. Hollenbach (60 lopies) en J. Adams (73 lopies).

K. Fortuin (9 boulbeurte, 46 lopies, 3 paaltjies) was Young People’s se beste bouler.

Robertson Krieketklub se B-span het ook eerste gekolf en 209 lopies aangeteken voordat hy Young People’s almal vir net 146 lopies uitgeboul het.

Robertson se Randall Fielies (70 lopies), Roland Evertson (34 lopies) en E. Jacobs (24 lopies) het die beste gevaar met die kolf. Young People’s se beste kolwer was J. Sameuls (20 lopies).

RKK speel dié naweek teen Worcester Victorians in Worcester. Die B-span speel in Robertson.

RKK se vrouespan het Sondag 29 Oktober teen Montagu-krieketklub se vroue gespeel en ook teen De Wet van Worcester se vroue. Hulle speel in ’n T20-fees waarin vier spanne betrokke is. Tellings was teen druktyd nie beskikbaar nie.

. RKK nooi alle vroue van alle ouderdomme om by die klub aan te sluit en die klub se vrouekrieket na nuwe hoogtes te neem. Kontak Dieter Jeneke (hoofafrigter) by 072 419 9864 of Almarie Salies by 079 546 4769.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article