Die Robertson-krieketklub, wat in Boland Krieket se Promosieliga speel, is tans eerste op die punteleer en gee steeds die pas aan.

Robertson het die afgelope naweek teen die Paarlse klub Young Peoples gespeel. Robertson se eerste span het ’n goeie sege behaal, terwyl sy B-span vasgeval het.


. Robertson-A-span:

Robertson het eerste gekolf en 226 lopies aangeteken, met nege paaltjies plat. Daarna het Robertson Young Peoples vir 215 lopies uitgeboul.

Robertson se puntemakers was Brendon Erasmus (64), Gregan Adams (40), Amre Konstabel (34) en Luwaydon Siegelaar (31).

Robertson se beste boulers was Luwaydon Siegelaar (27/2) en Brendon Erasmus (52/2).


. Robertson-B-span:

Young Peoples het eerste gekolf en teken 289 lopies aangeteken. Robertson kon slegs 139 lopies haal.

Robertson-krieketklub se A- en B-spanne speel hierdie Saterdag (3 Februarie 2024) teen die Worcester Victorians-krieketklub. Robertson se A-span speel op sy tuisveld, die Callie de Wet-stadion, terwyl die B-span na Worcester reis.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article