Die Hoërskool Robertson het Saterdag ’n goeie dag op die sportveld gehad toe sy eerste rugbyspan hul bure, die Hoërskool Montagu, met 31-21 geklop het. Die meisiehokkie-eerstespan het ewe goed gevaar met ’n oorwinning van 6-0 en die seunshokkie ook met 5-0. In die eerstespan-netbalwedstryd het die Robbies egter met 22-34 teen Monties verloor. Die Hoërskool Robertson spreek hul dank uit aan hul hoofborg van die sportdag, Rola Ford Robertson, asook aan alle ouers en oudleerders van HSR en die ondersteuners van die Laerskool Robertson. Dit was die eerste wedstryd waartydens Robbies se o.19A-rugbyspan in hul nuwe rugbytruie, wat deur Pomona geborg is, gespeel het. Anton Bruwer, ’n oud-leerder en die eienaar van Pomona, is vanjaar die eerste rugbyspan se hoofborg. Op die foto probeer ’n Monties-speler deur Robbies se verdediging breek.


Robbies laat Monties kleitrap

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article