Die Riverview Primêre Skool, ook bekend as die Ratels, het die tweede agtereenvolgende jaar die trofee vir die beste atletiekskool by die Worcester-kampioenskap, wat Saterdag 8 Februarie gehou is, gewen. Hierdie atlete oefen soggens van 06:00 en het reeds in September volstoom vir vanjaar se atletiekseisoen geoefen. Quenwin Lukas is as die beste o.12-atleet van die dag aangewys en Tyler Jansen as die beste o.13-atleet. Quenwin was verlede jaar lid van die Wes-Kaapse skolespan en het aan die eindronde van die 70 m-hekkies vir o.12-seuns by die Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskap vir primêre skole in Polokwane deelgeneem.


Riverview se blitse draf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article