Die Mega Oval in Worcester het Womza- nasionale ovaalbaan-kampioenskap die afgelope naweek (Vrydag 30 en Saterdag 31 Augustus) aangebied. Deelnemers van oor Suid-Afrika heen het in vyf klasse om nasionale titels meegeding.
Die byeenkoms is goed deur die publiek ondersteun en die geleentheid is ook gebruik om ’n geldinsameling vir ’n driejarige leukemie-lyer, Elanie Conradie, te hou.
Sowat R180 000 is ingesamel.
Die wedrenne was uiters mededingend en ’n hele aantal deelnemers het hard met die veiligheidsmuur kennis gemaak, wat hul aanspraak op ’n SA titel net daar beëindig het. Ná twee dae van taai renne is die top-drie in die onderskeie klasse as Womza ZA-kampioene gekroon.
1600 -sedanmotors (saloons)
ZA1 Jandré Visagie – Mega Oval
ZA2 Jano Conradie – Mega Oval
ZA3 Stefan Smit – Mega Oval
1660- gemodifiseerde sedans
ZA1 Francois Engelbrecht – Mega Oval
ZA2 Arno Hougaard – Mega Oval
ZA3 Gawie Hendrickz – Mega Oval
Hotrods
ZA1 Johann Pitout – Bloemfontein
ZA2 Thaart Slater – Bloemfontein
ZA3 Tertius van Tonder – Mega Oval
Heavy Metals
ZA1 Francois Smit – Mega Oval
ZA2 Wemer van der Merwe – Mega Oval
ZA3 Martin vd Westhuizen – Mega Oval
V8 Flexi-klas
ZA1 Quentin Muller – Mega Oval
ZA2 Kevin Ralph – Bloemfontein
ZA3 Juan de Wet – Mega Oval
Midgets – ondersteuningsklas
1. W18 Wessel Rabe
2. W4 Schalk Swart
Viersilinder-kontakklas – ondersteuningsklas
1. W8 Klippie Minnie
2. W23 Pieter Liebenberg
3. W88 Rico Prinsloo. Die eerste renne by Mega Oval vir die 2024-’25-seisoen begin op 21 September met die eerste deel van die klubkampioenskap.




