Die Mega Oval Stockcar-klub het sy jaarlikse geldinsameling ten bate van die Breede Valley Cancer Organisation Saterdag (21 Oktober) gehou en R35 000 ingesamel.
Renjaers het ook aan die tweede klubkampioenskap deelgeneem. Vier manne het mekaar gedurende pouse met fietse aangedurf en dit was groot pret. Later het vroulike renjaers die geleentheid gekry om hul vernuf agter die stuur te wys.
Die klub het ook ’n potjiekoskompetisie aangebied, wat groot pret was.
Mega Oval bedank elke toeskouer, beampte, bestuurder, borge en ondernemings vir hul bydrae om die geleentheid ’n sukses te maak.





