Die Rebirth-dansgeselskap hou eersdaags ’n groot geldinsameling met ’n opvoering.
Dié professionele dansgeselskap bied opleiding aan jongmense wat ’n loopbaan van die uitvoerende kunste wil maak. Rebirth bied opleiding in verskillende dansstyle soos hip hop, Afrika-kontemporêr, ballet, gewone kontemporêr en pantsula, om net ’n paar te noem.
Die geselskap is ’n organisasie sonder winsbejag en die geld wat deur die insamelingsgeleentheid op Vrydag 1 April ingesamel word, sal vir sy opleidingsprogram gebruik word.
“Die geld wat ons insamel, stel ons in staat om kinders te help om ’n beter toekoms in die kunstewêreld te hê,” verduidelik Nathaniel Jacobs, een van die stigterslede.
“Die tema van die opvoering is Past Meets Future. Keenun Wales, ons skeppende direkteur, gaan dan wys hoe dans in Worcester weer lewe kan kry. Hy maak gebruik van ’n verskeidenheid dans-genres.”
. Die vertoning gaan by die Worcester-museum op die Robertsonpad gehou word. Kaartjies kos R100 vir mense ouer as 18 en R50 vir kinders jonger as 18.
Skakel 068 487 1047 vir nog inligting.





