Die twee mans wat aangekeer is ná die skietdood van Sylvano Hendricks, beter bekend as Queeny Madikizela-Malema, is steeds agter tralies.

Hendricks is dood nadat verskeie skote op hom geskiet is waar hy in die passasiersitplek van ’n BMW X3 voor die W-Flats in Riverview, Worcester, gesit en wag het. Die voorval het op Maandagaand 23 Januarie gebeur en wyd opslae gemaak. Die bestuurder van die voertuig is raakgeskiet, maar kon na die naaste hospitaal ry. Hendricks was reeds oorlede.

Hy was ’n aktivis wat hard gewerk het om die fokus op menseregte-oortredings teen gevangenes in die Wes-Kaap te plaas. Hy is in 2014 skuldig bevind op ’n aanklag van bedrog. Hendricks was ’n kleurvolle fopdosser met ’n groot sosialemedia-gevolg en geliefd vir die werk wat hy in sy gemeenskap gedoen het.

Jeremy Booysen (23) en Gershwin Maart (35) het reeds in die hof verskyn en om borgtog aansoek gedoen.

Dit is van die hand gewys.

Die twee sal op Donderdag 13 Maart weer in die hof verskyn.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article