Ná ’n baie pynlike tydperk by brandstofpompe die afgelope paar maande is daar ’n kans dat Suid-Afrikaners volgende maand uiteindelik ’n blaaskans sal kry.
Volgens die jongste data van die Sentrale Energiefonds lyk dit asof die petrolprys met tussen 53c en 60c per liter kan daal, afhangend van die oktaan petrol. Diesel kan met sowat 28c verlaag word. Dié verlaging word verwag as die olieprys en wisselkoers vir die res van die maand op huidige vlakke bly.



