Die Ferisco Adams Pro-10-sagtebal-krieketkompetisie het Sondag (9 Junie) op Vaderblad Dorpsig begin en beloof heelwat aksie oor die volgende weke.

In die eerste wedstryd van die dag het Pen United Rooi teen LBS kragte gemeet. Pen United het eerste gekolf en 66/5 in sy 10 boulbeurte bereik. W. Abrahim (27) en D. Philmon was Pen se beste kolwers. Chattas (3/12) was LBS se beste bouler.

LBS kon op sy beurt slegs 51/4 in sy 10 boulbeurte bereik, met Chattas (23) wat weer eens sy kant met die kolf gebring het. M. Koert (2/3) en A. Stevens (2/3) was Pen United se beste boulers. Pen United het die stryd met 16 lopies gewen.

Volgende aan die beurt was Dorpsig United teen Sunrisers.

Die span van Dorpsig het eerste gekolf en 74/3 in sy 10 beurte bereik. Nathan (40) en Delano (10) het met die kolf uitgestaan met L. Absolon (1/9) en A. Philander (1/8) wat vir Sunrisers goed met die bal gedoen het.

Sunrisers het op sy beurt maar in die koue gesukkel en kon net nie aan die gang kom nie. Almal is uitgeboul vir 50 lopies. Nanto (18) en A. Philander (11) het met die kolf probeer veg, maar Delano (3/2) en C. Januarie (2/7) het hul kant vir Dorpsig met die bal bring. Dorpsig United het die wedstryd met 25 lopies gewen.

In die wedstryd tussen die Indians en Die Stoep het Die Stoep eerste gekolf en 93/4 in sy 10 beurte aangeteken, met M. Jagers (32) en J. Geduld (30) wat met die kolf uitgestaan het. M. Smith (2/2) was Indians se beste bouler. Indians het op sy beurt hard met die kolf teruggeveg met “Boy “ (33) en M. Smith (12) wat met die kolf probeer het, maar kortgekom het. Indians kon slegs 74/4 in sy 10 beurte bereik. J. Geduld (3/8) was Die Stoep se beste bouler. Die Stoep het die wedstryd met 22 lopies gewen.

In die wedstryd tussen Dorpsig Barbarians en Pen United Blou het die jong span van Pen United eerste gekolf, maar die pale het gereeld gekantel en Pen kon ook nie aan die gang kom nie. Curdon (17) en Lehein (13) het ’n vennootskap gevorm, maar kon slegs 49/8 in hul 10 beurte bereik. Joshua (3/8) was Dorpsig se beste bouler.

Barbarians het gaan kolf, maar ook gereeld paaltjies verloor, en is almal vir 43 lopies uitgeboul. Joebie (9) was Barbarians se beste kolwer. Dillon (4/3) en Niquin (3/13) was Pen se beste boulers. Pen United het die wedstryd met ses lopies gewen.

In die wedstryd tussen RCB en Superstars het RCB eerste gekolf en is vir slegs 37 uitgeboul, met Justin (10) en Marke (10) wat met die kolf probeer veg het. Brian (3/4) en Denvor (2/0) was Superstars se beste boulers. Superstars het die wentotaal van 38/3 bereik. Bradley (2/7) was RCB se beste bouler. Superstars het met sewe sewe paaltjies gewen.. Sondag (16 Junie) word opwindende sagtebal-krieket weer gespeel, met spanne soos Gujarat Titans, Tornados en AH Marais van 09:30 tot 15:30 in aksie.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article