Marco Snyders (agsteman) met die geel en rooi trui van Primrose-rugbyklub in Worcester wat die bal vashou.


Die Primrose-rugbyklub van Worcester het Saterdag 27 Mei in Worcester vir Alberts met 29-20 verslaan.

Die twee spanne het van die begin van die wedstryd met mening ingeklim en geen genade is getoon nie.

Primrose het eerste punte aangeteken toe sy senter, Morné van Wyk, deur ’n gaping gebreek het en onder die pale gaan druk het. Marco Alberts slaag met die doelskop en die telling is 7-0 vir Primrose.

Kort hierna verdoel Alberts weer, dié keer ’n strafskop vir sy span, en die telling klim na 10-0 in Primrose se guns.

Die span kry verder momentum en dryf vorentoe en Primrose se slot, Denzil Helm, gaan oor vir ’n pragdrie.

Alberts mis egter die doelskop en die telling staan op 15-3.

Om verder sout in Alberts se wonde te vryf, gaan druk Moses Phillips (heelagter) agter die pale. Die drie word suksesvol verdoel en met halftyd staan die telbord op 22-3.

Ná die blaaskans kry Alberts nog ’n strafskop en die telling word opgestoot na 22-6.

Maar steeds val Primrose goed aan en Van Wyk gaan oor vir ’n tweede drie, wat suksesvol oorgeskop is, en die telling styg na 29-6.

Alberts loop lê nie en veg goed terug. In die doodsnikke van die wedstryd gaan druk hulle twee keer agter die pale en albei drieë is verdoel. Dit was egter te min, te laat, en Primrose wen die wedstryd 29-20.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article