Foto ter illustrasie. Foto: Unsplash


Die Primrose-rugbyklub het Saterdag (10 Februarie) op die HS Breërivier se rugbyveld Barbarians RVK van Mitchells Plain oortuigend met 27 punte teenoor 9 geklop.

Die wedstryd, wat in pragtige sonskynweer gespeel is, het uitstekende rugby opgelewer – veral aan die kant van Primrose. Primrose het sommer vroeg in die wedstryd al die telbord danksy goeie spel aan die rol gekry.

Sy voorspelers het vroeg die oorhand gekry en Barbarians se voorspelers swaar laat leef. Sy agterlyn met sy jong talent het ook nie ’n tree teruggestaan nie.

Ná rustyd het die vuurwerk begin en Primrose het die krane behoorlik oopgedraai deur die bal baie lug te gee. Barbarians het egter moedig teruggeveg, maar Primrose was net een te veel vir hulle. Dit lyk of Primrose se voorbereiding vir die 2024-rugbyseisoen goed op dreef is.

Die was al Primrose se derde vriendskaplike wedstryd.

Die vorige wedstryde was teen Mountain Stars asook Rangers De Hoop, waar hy ook as oorwinnaar uit die stryd getree het.

Primrose se volgende wedstryd is teen United, ook tuis. Die afrigters doen tog nog ’n beroep op spelers wat nog nie die oefeninge bygewoon het nie, om dit spoedig te doen, want die 2024-rugby-kompteisie is op hande.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article