Primrose RVK het die afgelope Saterdag (19 November) die Golden Eagles-rugbyspan van Villiersdorp 34-12 in die Esselenpark-stadion in Worcester kafgedraf.
Dit beteken Primrose dring deur na die halfeindronde van die Boland se Top-18-kompetisie, wat in Wellington beslis sal word.
Die kersie op die koek is dat dié span nou ook na die halfeindronde van die Boland se rugbykampioenskap deurdring.
Primrose het hierdie wedstryd in alle fasette van die spel oorheers en net Golden Eagles se goeie verdediging het Primrose verhoed om meer punte aan te teken.
Die puntemakers was Leachim Adams (senter), wat drie drieë gedruk het; die stut Llewellyn Eftha met twee drieë en Ghurswyn Roux (stut en kaptein) met een drie. Herschell Matthys (regtervleuel) het ook twee drieë aangeteken.


