Kindersorg Worcester het onlangs sy eerste Family Fun Day op Bolandpark gehou, waarheen gesinne en familielede uitgenooi is. Dit was ’n ontspannende samekoms vir die gesinne, met sportaktiwiteite en die boodskap oor hoe belangrik dit is om gehaltetyd saam met kinders deur te bring. Kindersorg beoog om hierdie ’n jaarlikse instelling te maak, waarby die gemeenskap sowel as rolspelers welkom is om in te skakel, met die doel om gesinne en familielede byeen te bring en te hou. Kindersorg Worcester wil al die rolspelers bedank vir hul bydraes wat tot ’n baie suksesvolle dag gelei het.Foto:

Credit: SYSTEM

Pretdag met kinders, gesinne en familielede

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article