Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, het ’n dringende beroep op inwoners gedoen om bloed te skenk.

Dit volg nadat die bloeddiens teen Dinsdag slegs een dag se voorraad oorgehad het.

“Die Wes-Kaapse Bloeddiens (WKBS) het ons ingelig dat sy bloedvoorraad kritiek laag is, met net een dag se voorraad oor. Ek doen dus ’n beroep op die inwoners om asseblief so gou moontlik te skenk.”

Winde sê tydens sy besoek Dinsdag aan die bloedskenksentrum in Langstraat, Kaapstad, is hy ook ingelig dat die bloeddiens die afgelope paar weke sukkel om die nodige bloedvoorraadvlakke te handhaaf. Terselfdertyd is daar ’n toenemende vraag na bloed om oortappings uit te voer..Deur bloed te skenk, kan jy tot drie mense se lewe red. Die bloed wat iemand vandag skenk, kan mense help wat ernstige en traumatiese beserings opgedoen het, geboorte gegee het, aan bloedarmoede ly of bloedafwykings het, asook mense wat behandeling vir kanker ontvang.


V
olgens die bloeddiens is daar ’n kritieke tekort aan talle bloedgroepe, onder meer ’n eendagvoorraad oor vir O-bloedgroepe en ’n tweedagvoorraad vir B- en A-bloedgroepe.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article