Vyf seuns van De Doorns is in die Wes-Kaapse Junior Blackball-span opgeneem. Hulle het teen die beste provinsiale spelers meegeding en uitstekend gevaar. Die seuns word by De Doorns Pool-akademie afgerig. Later vanjaar, gedurende die Junie/Julie-skoolvakansie, gaan hulle aan die Blackball South Africa se nasionale kampioenskapsbyeenkoms in Bloemfontein deelneem. Dié juniors en hul ouers sal dit waardeer indien enigeen ’n bydrae kan maak tot hul onkoste. Bel die afrigter/ligabestuurder by 071 264 0055 vir meer inligting. Die spelers en hul afrigter is heel agter: Hendrik Horsemend

Potspel-kampioene in wording

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article