Pool Transport se gholfdag ten bate van liefdadigheid in samewerking met die Breedevallei-munisipaliteit is om die draai en spelers word aangeraai om nie die geleentheid mis te loop nie.

Dié gewilde geleentheid vind op 18 November by die Worcester-gholfklub plaas en noudat die covid-beperkings verby is, beloof dit om sommer baie pret te wees.

Die formaat van die gholfdag is vierbal-samespel met twee beste tellings. Kostes per vierbal beloop R3 000 en sluit die baanfooie en prysuitdelingsete in. Borgskappe vir verversingspunte teen R4 000 elk is nog beskikbaar.

Die kanon-afslaan vind om 11:00 plaas, met registrasie van 09:00 tot 10:45.

Instellings wat sal baat vind, sluit in die Pionierskool vir siggestremdes, die Sean Kelly-sentrum, Sinethemba-versorgingsentrum, Worcester House of Hope, Ikamva Lethu-sorgsentrum en vele meer.

Bel Melisha Moodie by 082 333 9842 of stuur e-pos aan haar by melishia@pooltransport.co.za.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article