She claimed, among other things, that she possessed a doctorate, that she was a DJ and that was a professor before being appointed as head of technology management services in the SA Police Service (SAPS). Photo: Getty Images

Getty Images

’n Laingsburgse polisieman is skuldig bevind dat hy ’n vrou in 2016 in die dorp se polisiekantoor-selle verkrag het.

Boonop verneem Standard van ’n onkreukbare bron die verkragter het tot op die dag van sy skuldigbevinding op 29 Julie vanjaar nog as polisieman gewerk.

Lizalise Sentane het tereggestaan op aanklagte dat hy ’n 20-jarige vrou in 2016 in die Laingsburg-polisiekantoor se aanhoudingselle verkrag het. Sy is glo in hegtenis geneem weens diefstal en was ten tyde van die voorval alleen in die sel. Hy is ook aangekla dat hy sy dienspistool op die slagoffer gerig het. Sentane is tydens ’n identiteitsparade uitgeken, waarna hy in Desember 2016 in hegtenis geneem is.

“Ná ’n lang uitgerekte verhoor waarin talle staatsgetuies moes getuig, insluitende polisiebeamptes, asook die slagoffer, is hy aan verkragting skuldig bevind. Die staat moes ook DNS-getuienis aanbied en die dokter het ook in die saak getuig. Hy is egter onskuldig bevind aan die rig van ’n wapen,” het die bron met kennis van die saak gesê.

Volgens ’n polisieverslag het Sentane in 2021 skuld op al twee aanklagte ontken. Hy is egter die afgelope Vrydag (29 Julie) skuldig bevind.

Hy is tans uit op borgtog hangende sy vonnis, maar moet elke Woensdag by die polisiekantoor aanmeld.

Voorvonnisverslae sal op 30 September aangehoor word, waarna vonnisoplegging sal volg.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article