Laingsburg-polisie vra die hulp van die publiek om inligting van ’n vermiste persoon, Tobias Landy.
Tobias is laas gesien is toe hy op 30 November 2022 sy woonplek op Laignsburg verlaat het om na Kaapstad te reis, maar hy het nooit by sy bestemming aangekom nie.
Toe hy laas gesien is het hy ’n swart sweetpakbroek en ’n swart trui aangehad. Hy is lig van gelaat, het vratte in sy gesig en is sowat 1,7 meter lank.
Enigiemand wat weet waar Tobias is of wat met die ondersoek kan help, word gevra om die ondersoekbeampte, kaptein Michelle Mouton, te bel by 082 469 6783 of Ao. Perciville Lukas by 073 918 8618.


