Die polisie is tans besig om te soek na ’n kind wat glo vroeër vandag (Woensdag 15 November) verdrink het.
Volgens inligting ontvang deur Standard & Gazette het een kind vermoedelik in die Breërivier by Nekkies verdrink.
Worcester polisiewoordvoerder, Ao. Vathiswa Jacobs, kon egter in hierdie stadium nog nie bevestig of een of meer verdrinkings plaasgevind het nie.
“Ons lede is steeds besig op die toneel. In hierdie stadium het ek nog nie al die inligting rondom die insident nie, ek wag op my kollegas om die detail oor die voorval met my te deel,” het Jacobs gesê.
Hierdie is ’n ontwikkelende nuusstorie en meer inligting sal volg sodra Standard & Gazette dit ontvang.


