Die Hoër Tegniese Skool (HTS) Drostdy het die afgelope Saterdag (28 Januarie) op die Boy Louwvelde in die Paarl aan die Wynland-skole-toutrekkompetisie deelgeneem. Die seuns se 480-560- en 600 kg-A-spanne het almal ’n eerste plek behaal, terwyl die 400- en 520 kg-A-span tweede was. Die 440 kg-span was derde. Die meisies-520 kg-A-span was die naaswenners terwyl die 480 kg-A-span derde en die 440 kg-span vierde was. Die gemengde 520 kg-A-span het tweede geëindig.Foto: Ernest Kilowan

Credit: SYSTEM

Podiumplekke vir Drostdy in Paarl

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article