’n Agttienjarige man is dood nadat hy glo erg aangerand is.

Die oorledene het op ’n plaas in De Doorns gewerk en is Saterdag 7 Januarie na die Worcester-hospitaal gebring.

“Die hospitaal het die De Doorns-polisie gebel om melding van die voorval te maak,” verduidelik ’n woordvoerder van die De Doorns-polisie.

Die man is hospitaal toe met erge kneusplekke aan sy lyf.

“Hy het erge kneusplekke aan die rug en bors gehad en is glo op die plaas waar hy gewerk het, deur ’n sekuriteitswag aangerand. Die man het later aan sy wonde beswyk.”

Twee verdagtes is in hegtenis geneem en het vroeër die week op aanklag van moord in die hof verskyn. – Tamsyn Jantjies

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article